Hoe misbruik ons die genade van God?

(Volg op: Toets jy God se geduld?

Gister het ek ’n kort saadjie geskryf dat ons nie God se geduld moet beproef nie.  Ek het die saadjie afgesluit met die Skrif van 2 Kor 6:17,18 wat sê ons moet onder die ongelowiges uitkom en afsonder.  Vanoggend maak ek weer by 2 Kor 6 oop en in vers 1 staan:

“Now, since we are God’s coworkers, we beg you not to take God’s marvelous grace for granted, allowing it to have no effect on your lives.”  2 Cor 6:1 (TPT)

Die vers het my stomgeslaan, want dit bevestig presies dit wat Abba Vader gister uitgewys het… dat ons nie Sy geduld en goedheid ‘for granted’ moet vat nie.  Hier sê 2 Kor 6 dieselfde… dat ons nie God se genade ‘for granted’ moet vat nie.  En dan eindig die hoofstuk dat ons ons moet onttrek van die crowd en afsonder, want onthou nou… hoekom bewys God aan die mens goedheid en genade?  Sodat die mens tot WARE bekering en WARE wedergeboorte moet kom… MAAR dit gaan gepaard met afsondering.  So die mens wat God se genade en goedheid ernstig opneem, sal die aantrekkingskrag voel na die teenwoordigheid van Abba Vader en hy sal hom onttrek van die crowd en tyd spandeer by die voete van Abba Vader.  

Die mens wat die keuse maak om deel van die crowd te bly, sal altyd net ’n spikkeltjie in die crowd wees… dis maar net hy wat goed voel oor homself omdat hy deel van ’n boksie is, maar hy mis uit op die beste, want hy mis uit om die ware God te leer ken en die Waarheid te ontvang by Hom.  Die crowd kom tot kwansuise bekering en kwansuise wedergeboorte, maar weet julle… bekering en wedergeboorte gaan gepaard met ’n nuwe hart en ’n mens wat Goddelike vrug dra… doen hulle?  Moet jou nie eers steur aan ’n mens wat met die mond sê dat hy tot wedergeboorte gekom en ’n Christen is nie, want die tong wat woorde skep, is bedrieglik.  Ware wedergeboorte reflekteer uit die geeshart…

Kom ons kyk net vinnig na maniere hoe mense die goedheid en genade van God ‘for granted’ vat.  Die grootste groep is diegene wat met vroom gesiggies in die crowd sit, maar hy leef net soos hy wil.  By die werksplek word daar nogsteeds gelieg en bedrieg om rykdom te bekom, oneerlikheid, skynheiligheid en bedrog is aan die orde van die dag.  Maar dit is okay, want Jesus het mos vir my sonde gesterf… so ek is veilig… alles wat ek al verkeerd gedoen het en alles wat ek nog verkeerd gaan doen, is ALREEDS vergewe deurdat Jesus gesterf het aan die kruis.  Ek het mos ’n papiertjie onderteken dat ek tot bekering gekom het;  ek is mos gedoop met die gevolg dat al my sondes afgewas is… so nou moet ek net hou by die reëls, regulasies en rituele wat beteken ek moet kerk toe gaan, nagmaal gebruik  en my tiende gee.  Regtig?  Dit is lagwekkend!  (Onderaan is links na saadjies wat hierby aansluit) 

Waar kom hierdie vals lering vandaan dat jy verlos en gered is as jy behoort aan ’n kerk?  Wat gaan dit jou enigsins help om in ’n kerk gewortel te wees, maar nie in God gewortel te wees nie?  Die oorgrote meerderheid Christene glo hierdie leuen;  soveel van God se kinders wat Sy saad in hulle geesharte dra, is vasgevang in hierdie leuens.  Dan is daar vals leringe soos die (5 Bloedlynvloeke sny?) sny van bloedlynvloeke, om Jesus se bloed te pleit (Mag ons die bloed van Jesus pleit?) oorlogvoering (Die valsheid agter oorlogvoering) en wat ookal nog…  Al hierdie goed is uitgedink deur satan en hy sal nooit ophou met sy bose speletjies nie.  Hy dink elke dag nuwe leuens uit wat die mens maklik glo, want dit is gewoonlik ‘n maklike manier van verlossing.  Hy leer eintlik die wêreld om die goedheid, genade en geduld van God ‘for granted’ te vat en dit te misbruik.  Maar God sal Hom ook net tot op ’n punt laat misbruik… 

Op die ou end van die dag kom ons te stane voor ’n massiewe groot vraagteken… wat kies jy?  Om deel van die crowd te wees wat die genade van God ‘for granted’ vat of is jy een van diegene wat die keuse maak om nugter om homself te begin kyk en te sien wat aangaan in Babilon… wat tot die besef kom dat hy die genade van God misbruik het deurdat hy die leuens van die wêreld geglo het… wat tot die keuse kom om hom te onttrek van die crowd en die Waarheid by Abba Vader te leer.  Alleenlik in afsondering (Manna in afsondering) is die mens in staat om tot Goddelike bekering en wedergeboorte te kom, met ander woorde, alleenlik die mens in afsondering wat die een ware God leer ken, vat nie die genade van God ‘for granted’ nie, maar besef waaroor die REGTIG gaan…

Ons mag nie God se genade opslurp en dink ons kan leef soos ons wil (want God het genoeg genade vir ons) nie.  Dan misbruik ons die genade van God en sal die genade nie die gewenste uitwerking op ons hê soos God bedoel nie.  Om die genade van God te misbruik, beteken jy DINK jy is ’n wedergebore Christen omdat jy deel is van die crowd, maar in waarheid ken jy nie Abba Vader nie.  As enige leraar, profeet, priester of pastoor babbel dat God se genade altyd genoeg sal wees, maak nie saak wat jy doen nie, kan jy maar weet daardie leraar is opgelei deur satan en nie deur God nie.

“Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.” Judas 4

God se genade is veronderstel om ’n EFFEK op ons te hê… ’n effek van WARE bekering en wedergeboorte.  Wees versigtig dat dit NIE ’n effek op jou lewe het NIE, want dit beteken dat God se geduld gaan min raak…

There have been some who have sneaked in among you unnoticed.[i] They are depraved people whose judgment was prophesied in Scripture[j] a long time ago. They have perverted the message of God’s grace into a license to commit immorality[k] and turn against[l] our only absolute Master,[m] our Lord Jesus Christ”. Jude 4

Breek weg uit Babilon!

Hoekom het Jesus gesterf aan die kruis? Glo jy die leuens van Satan of die Waarheid van God?

Leave a comment