Those who sow their tears as seeds, will reap a harvest with joyful shouts of glee.  They may weep as they go out carrying their seed to sow, but they will return with joyful laughter and shouting with gladness as they bring back armloads of blessing and a harvest overflowing! Psalm 126:5-6 (TPT).

Inleiding – Nuwe Seisoen

Wanneer die haan kraai…

In my stiltetyd laat ervaar Abba Vader my ‘n kerkgebou… die woord “desolation” kom by my op. Die atmosfeer is donker, swaar en half “evil” (as ek dit so kan stel). Mense marsjeer soos soldate in en uit die kerkgebou, elkeen aan sy voete geboei aan die volgende. Blinde en dowe wetgebonde mense met rigiede reëls, vasgevang in ‘n kerksisteem wat hulle breinspoel en gevange hou. Dis ‘n baie hartseer prentjie…

Skielik hoor ek ‘n haan wat kraai en ek kyk op waar die gekraai vandaan kom. Bo-op die toring van die kerkgebou, sit ‘n massiewe groot, gekleurde haan wat sy stem luidkeels laat hoor soos die mense in- en uit beweeg. Ongelukkig is die mense so doof dat hulle nie die gekraai kan hoor nie, nog minder kan hulle hierdie groot gekleurde haan sien. En Abba Vader gee my duidlik die woord: PAGAN PRACTICES!

Die haan laat my dadelik dink aan die storie waar Petrus vir Jesus drie maal verloën het. Hy het die bestaan van Jesus ontken. Hy het ontken dat hy vir Jesus op ‘n persoonlike vlak ken. Hy het Jesus verloën. DENY! REJECT! En toe kraai die haan…

Die haan het nog nooit opgehou met kraai nie! Hy waarsku die mense wat staatmaak op die kerk dat hulle besig is om God te verloën, dat hulle God nie ken nie. Dit is diegene wat hulle vertroue en geloof in ‘n kerk stel. Dit is mense wat Jesus nie persoonlik ken nie, wat nie tyd maak om daagliks stil te raak voor die voete van God nie. Dit is hulle wat as bome in ‘n kerk gewortel is en nie in die hart van God nie. Hulle het’n medium nodig om van God te hoor… hulle het ‘n medium nodig om te verstaan wat die wil van God vir hulle lewens is. Kerksisiteme is ‘n ‘abomonation’ in God se oë, dit hou Sy kinders weg van Hom af. Kerke vermaan mense dat hulle nie in afsondering mag gaan nie, dat hulle deel van ‘n kerk MOET wees. Maar wat het Jesus gedoen? Hy het in afsondering beweeg om te kommunikeer met Sy Vader. HY het vir ons daardie voorbeeld gelos op aarde, maar kerke veroorsaak dat mense dit “deny” – verloën.

Die gekraai van die haan getuig van mense wat God nie ken nie… hulle word voorgestel aan ‘n god in die kerk; hulle volg die wette, reels en tradisie van ‘n lewelose kerk – dit is PAGAN PRACTICES! En dan loop hulle met hulle selfvoldane ego’s na buite en maak klippe bymekaar… Klippe om diegene te bestook wat nie deel is van ‘n kerk nie, wat nie die wette van ‘n kerk nakom nie… hulle wat die Skepper op ‘n persoonlike vlak leer ken het en Sy wil volg. Ons verstaan eintlik glad nie wat dit beteken om die wil van God te aanvaar en te volg nie. Dit is nie altyd maanskyn en rose nie, soms laat die wil van God Sy kinders sondig SODAT hulle SY genade kan leer ken. Hoe anders kan die mens die genade van God beleef?

Ek gaan begin om heelwat van die ouer saadjies op hierdie webtuiste op te laai… ouer saadjies wat getuig van die werke van God. Ek plaas die ouer saadjies bo-aan die ‘header’ van die webtuiste. Vandag het ek “Afsondering” opgelaai, om mense te herinner van die belangrikheid om in afsondering in te beweeg, want dis die enigste manier hoe ons God kan leer ken, enigste manier hoe ons gewortel kan raak in Hom… enigste manier hoe die haan nie ook ons name uitroep nie…


Kommentare

Lewer kommentaar