Those who sow their tears as seeds, will reap a harvest with joyful shouts of glee.  They may weep as they go out carrying their seed to sow, but they will return with joyful laughter and shouting with gladness as they bring back armloads of blessing and a harvest overflowing! Psalm 126:5-6 (TPT).

Inleiding – Nuwe Seisoen

Inleiding – Nuwe Seisoen

"Daar is 'n regte tyd vir elke ding en alles het sy plek
Om gebore te word en om te sterf
Om te plant en om uit te trek
Om siek te wees en gesond te raak
Om af te breek en te bou
'n Tyd om te huil, 'n tyd om te lag
Tyd vir dans en tyd v
ir rou"
(Geneem uit Prediker 3)

‘n Paar jaar se stilte het gevolg op die eerste webtuiste, genaamd Sonneblomsaadjies. Prediker 3 moes eers uitspeel in my lewe.

Min het ek geweet dat die tyd ophande was vir storms om uit te speel in my lewe… ek het tyd nodig gehad om tot verhaal te kom, tyd om net ‘n titseltjie te probeer verstaan, tyd om tree vir tree deur die storm te werk, tyd om Abba Vader op ‘n ander manier te kon beleef, tyd om te begin heel en tyd om my getuienis te deel met die wêreld. Na 4 – 5 jaar se stilte, begin ek weer met die skryf van saadjies, maar hierdie keer verskil die saadjies van die LIG saadjies.  Gedurende die skryf van LIG saadjies, het ek Jesus leer ken, die werking van die Heilige Gees en het ek geleer hoe om die stem van God te ken en dit te onderskei van die stem / leringe van satan.  

Die nuwe saadjies wat volg, word “JOY” saadjies genoem.  Mens sal dink dit is net mooi saadjies wat ’n mens baie JOY gee, maar julle sal sien dat dit eintlik handel oor die seer van die lewe: Die lekker van kinders grootmaak teenoor die sleg wat die lewe ons kinders mee lok (soos dwelms), verhoudings en huwelike wat verbrokkel; die vraag: “Mag ons skei” teenoor die JOY van ware liefde vind… en dan die ontsettende hartseer om ’n kind te verloor en soveel meer.  Ek kan nie vir julle sê wat die storielyn gaan wees van hierdie blog nie, ek vermoed dit gaan baie deurmekaar wees… want dit is wat storms met ons doen. Op die ou end moet ons deur hierdie storms beweeg om by ware JOY uit te kom en dit kan alleenlik bekom word as jy BINNE-IN die wilde woeste storm staan met ’n bloeiende rou-seer hart.  Hoe sien ’n mens Jesus raak in so ’n storm as jy totaal en al oorweldig voel?  Dit handel oor die “onregverdigheid” van die lewe wat ons moet leer om te aanvaar, want alleenlik wanneer ons die sleg aanvaar en Jesus se hand kan vat, kan ons weer JOY beleef.

Those who sow their tears as seeds, will reap a harvest with joyful shouts of glee.  They may weep as they go out carrying their seed to sow, but they will return with joyful laughter and shouting with gladness as they bring back armloads of blessing and a harvest overflowing! Psalm 126:5-6 (TPT).

Mag hierdie nuwe Sonneblom Saadjies hoop bring aan hulle wat dit nodig het.