Those who sow their tears as seeds, will reap a harvest with joyful shouts of glee.  They may weep as they go out carrying their seed to sow, but they will return with joyful laughter and shouting with gladness as they bring back armloads of blessing and a harvest overflowing! Psalm 126:5-6 (TPT).

Inleiding – Nuwe Seisoen

Skoenlapper

Ek sit plat op die vloer, bene gekruis, en dit is nag-donker om my in ’n klein kamertjie.  Skielik is dit asof ek die flikkering van ’n liggie bo my gewaar.  Het ek my verbeel?  Nee, daar is weer dieselfde tipe flikkering… en nog een… en nog een… 

Ek probeer fokus om te sien wat dit is… en die eerste gedagte wat in my kop opkom, is dat dit vuurvliegies is, maar soos ek fokus, kom ek agter dat dit nie vuurvliegies is nie, maar skoenlappers.  In lewende lywe het ek nog nooit gesien dat ’n skoenlapper ’n liggie reflekteer nie, dus weet ek dat Abba Vader my ’n geestelike les wil leer.  

Die skoenlappers kom al hoe nader aan my verbygevlieg sodat ek elkeen mooi kan sien.  Hulle vlerkies is die mooiste, mooiste kleure, maar dan let ek op dat die kleur in sommige skoenlappers se vlerkies, baie mooier en helderder vertoon as ander s’n.  Ek probeer agterkom wat die verkil is, want hoekom lyk sommige skoenlappers se vlerkies baie dof en ander s’n weer so mooi helder?  Soos ek verder fokus op die verskillende skoenlappers, kom ek agter dat daar ’n liggie skyn vanuit die kern van elke skoenlapper.  Diè wie se vlerkies mooi helder vertoon, se kern-liggie skyn ook baie helder… tog is dit glad nie ’n verblindende lig nie, want ek kan kyk daarna sonder om my oë op skrefies te wil trek.  Die skoenlappers wie se vlerkies dowwer skyn, se liggie is ook dof in sy kerngedeelte… so alles sentreer om die lig in die kerngedeelte van die skoenlapper.  

Een van die helder skoenlappers kom sit op my vinger sodat ek dit mooi kan bekyk.  Die verskillende kleure wat vloei volgens die patrone, fassineer my verskriklik en ek zoom so bietjie in op die fondasie van die vlerkies.  Wat my dadelik opval, is die klein, fyn verweefde aartjies wat vertak soos ’n padkaart oor die oppervlak van die vlerkie.  Die aartjies is die ligdraende komponent van die skoenlapper, dus skyn die lig vanuit die kern en vloei dit deur die totale wese van die skoenlapper deur middel van die aartjies… en dit is die rede waarom die kleure van die vlerkies so verskriklik mooi ophelder.  Met ander woorde, die verskeie kleure kan alleenlik ophelder en sigbaar wees wanneer die lig in die fyn vertakte aartjies op die verskillende kleurpigmente skyn.  Die skoenlappers wie se vlerkies dof vertoon, het ook die vertakking van aartjies deur sy vlerke, maar die kernlig is nie sterk genoeg sodat dit deur al die aartjies kan vloei nie en daarom word die verskillende kleure en patrone nie opgehelder nie en is dit nie sigbaar nie.  Die skoenlapper het die lig nodig om sy prag en praal na vore te bring… en so ook die mens.  Die mens is veronderstel om die beeld van God te reflekteer, maar God is nie ’n mens nie.  God is LIG!  So die mens het die Lig van God in sy kernhart nodig om sy ware kleure te wys.

Om meer te lees oor die mens wat die beeld van God moet reflekteer, lees gerus die saadjie op die eerste webtuiste:  

Terwyl ek my verder verwonder aan die pragtige skoenlappers wat rondom my fladder, leer Abba Vader my dat Hy elke skoenlapper se vorm, kleur en natuur individueel bepaal het, maar dit is nie al nie… HY het selfs elke skoenlapper se verskeidenheid kleurpigmente en patrone beplan, ontwerp en vasgelê in die diepste wese van die skoenlapper om na vore te kom op ‘n spesifieke tyd van die skoenlapper se lewe. 

En net so met die mens… Abba Vader het elkeen van Sy kinders se natuur ook reeds vasgelê voor ons geboorte op aarde, maar net soos die skoenlapper ’n metamorfose moet ondergaan om sy ware kleure te wys, net so moet die mens ook deur wedergeboorte gaan om die mens te word wat God oorspronklik geskep het.  Ons het die Lig van God in ons kernmens nodig, die Lig en Lewe moet eers deur ons are vloei voordat die wêreld die mooi kan raaksien wat God oorspronklik geskep het.  Dan eers reflekteer die mens die beeld van God, en dan eers sal die mens se ware kleure na vore kom.   

Abba Vader het ’n plan en ’n doel met elkeen van Sy kinders se lewens.  Met dit in gedagte, het Hy jou omvorm nog voor jou geboorte.  HY het al die “tools” wat jy nodig het om jou doel uit te voer (om jou purpose te lewe), reeds voor jou geboorte as Goddelike DNA in jou diepste wese verweef…. maar die mens se verantwoordelikheid is om te sterf aan die self en tot wedergeboorte te kom, want dit is die enigste manier hoe God se Lig in en deur ons wese kan skyn om ons ware kleure na vore te bring.  Wees versigtig vir nagemaakte, vals, verblindende lig van vals profete wat ’n sekere vorm aanneem om jou in hul web vas te vang en jou te verblind met hulle vals lig.    

Om meer te lees oor die mens se Goddelike DNA wat in ons diepste wese verweef is nog voor ons geboorte, lees gerus die saadjie op my vorige webtuiste:


Kommentare

Lewer kommentaar